• afrikaans is groot akkommodasie pretoria

Wat jy moet weet voor jy jou verblyf bespreek vir Afrikaans is Groot

Posted on Wed November 8, 2017 in Things to do in Pretoria.

Dis al amper weer tyd vir die grootste musiekproduksie van die jaar: Afrikaans is Groot.
Vanjaar se vertonings het alweer in rekordtyd uitverkoop, maar daar is ook iets anders wat vinnig uitverkoop… verblyf!

Daar word ongeveer 85 000 mense by vanjaar se Afrikaans is Groot verwag, wat dit die grootste musiekproduksie in die land maak. “Die vraag na kaartjies vir vanjaar se Afrikaans is Groot was só oorweldigend, dat ons twee ekstra vertonings bygevoeg het,” verduidelik Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van Afrikaans is Groot. Met kunstenaars soos Juanita du Plessis, Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Theuns Jordaan, Jay en Steve Hofmeyr is dit ook geen wonder nie. Talle kaartjiehouers is tans besig om reëlings in plek te sit vir hulle Groot naweek en akkommodasie in Pretoria is besig om baie vinnig uit te verkoop.

Hier is ’n paar goed wat jy moet oorweeg voor jy verblyf in Pretoria bespreek:

Die afstand tussen jou en Afrikaans is Groot

Soek vir ’n plek wat naby genoeg is aan die verrigtinge, sodat jy nie in verkeer hoef te sit en miskien die eerste deel van die vertoning mis nie. Jy wil wel ook nie só naby bly dat jy die geraas van jolige konsertgangers en hulle rasende voertuie hoor nie.

Ontspanning

Jou Afrikaans is Groot naweek gaan een wees vir die boeke – gevul met pret en plesier in ons eie Jakarandastad – maar die ryery, kykery en kuiery gaan maar sy tol eis en jy gaan iewers tussen-in ‘n bietjie moet ontspan. Soek dus ’n oornagplek met ’n tipe rustigheid – ’n plekkie met genoeg privaatheid, ’n swembad met lêstoele of ’n spa. Daar is geen rede hoekom jou Groot naweek nie ook uiters ontspannend kan wees nie.

Jou uittreeplan vir ná die naweek

Soos wat almal weet is die verkeer in Pretoria en Johannesburg nie ’n grap nie. Alhoewel Afrikaans is Groot oor ’n naweek plaasvind, is daar ook 85 000 mense wat in die area gaan wil rondbeweeg, so mens het ’n goeie uittreeplan nodig om seker te maak jy sit nie nog ’n ekstra uur by jou reis terug nie. Gastehuise en hotelle wat naby aan ’n hoofweg is, is altyd ’n goeie opsie.

Mont d’Or Bohemian House – Jou huis vir Afrikaans is Groot

As jy saamstem dat ligging, ontspanning en ’n goeie uittreeplan belangrik is vir jou Afrikaans is Groot naweek, wil ons jou graag uitnooi om jou tydjie weg by Mont d’Or Bohemian House te kom spandeer. Ons luukse, boetiek gastehuis is slegs 4 km weg van die Afrikaans is Groot verrigtinge (Die Sun Arena by Time Square in Menlyn Maine is die nuwe tuiste van Afrikaans is Groot.).

Met slegs 10 kamers, weggesteek in ’n stil buurt omring deur bome, is Mont d’Or Bohemian House ’n ware skat in Pretoria. Jou unieke, boheemse kamer is ingerig met ’n groot bed, luukse linne en ’n karaffe Port vir ‘n paar lekker nagkelkies. Die welige tuin in die binnehof en die sagte geluide van die swembad se lopende water skep ’n rustige atmosfeer en gunstige omstandighede vir ’n fantastiese nagrus.

Vir dié wat hulle ontspanning een stappie verder wil neem, probeer gerus ons lieflike spa langs die swembad – dis die perfekte manier om te ontspan na ’n rowwe week, én ’n naweek vol pret en plesier. Gee jou spanning en spierpyne oor aan die bekwame hande van ons professionele terapeute en vergeet vir ’n oomblik van die wêreld daar buite.

As die tyd aanbreek om in die pad te val, is daar geen bekommernisse oor verkeer nie. Mont d’Or Bohemian House is minder as 10 minute se ry weg van die N1 en ander hoofpaaie af en slegs ’n halfuur se ry van OR Tambo lughawe. Dit beteken jy kan rustig jou gratis ontbyt geniet en op jou eie tyd die reis terug aanpak.

As hierdie klink soos jou tipe Afrikaans is Groot naweek, kliek hier om te sien of ons nog kamers beskikbaar het vir jou datums. Alternatiewelik, skakel of e-pos ons gerus om meer uit te vind. Hou ook ons webwerf dop vir spesiale pakkette en afslag. Ons sien uit om jou te verwelkom by jou huis vir Afrikaans is Groot.